Back to results
Cover image for book Lied vir Sarah

Lied vir Sarah

Lesse van my Ma
By:Jonathan Jansen
Publisher:Independent Publishers Group (Chicago Review Press)
Print ISBN:9781928257387
eText ISBN:9781928257325
Edition:0
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In Lied vir Sarah, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied  hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak  en gemeenskappe moet bou.  As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle  kinders ook met integriteit groot te maak.  Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.