Reis Deur Suid-Afrika Se Nasionale Parke
| By: | Michael Brett |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781770078093 |
| eText ISBN: | 9781920545178 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
<p>In 1926 was daar net een wildreservaat in Suid-Afrika. Vandag spog die land met altesaam 19 nasionale parke wat deur National Geographic as die beste netwerk beskermde gebiede in die wêreld buite die Verenigde State van Amerika beskryf is.<br>In hierdie boek maak die leser kennis met wat ongetwyfeld Suid-Afrika se kosbaarste nasionale skat is – sy nasionale parke. Dit bevat inligting wat nog nooit in druk verskyn het nie, tesame met 25 uitvoerige kaarte wat die jongste gegewens oor grondaankope en toerismeontwikkeling in elke park en die onlangs gevestigde oorgrensparke in die naburige Mosambiek, Zimbabwe, Botswana en Namibië bevat. Noodsaaklike besonderhede vir besoekers, interessante feite oor wildverspreiding en inligting oor verblyfgeriewe word in maklik verstaanbare tabelle en tekskassies aangebied.<br>Hierdie boek is ’n noodsaaklike reismetgesel vir enigeen wat beplan om Suid-Afrika se skouspelagtige nasionale parke te verken.<br>Michael Brett is ’n kenner op die gebied van Afrika-bewaring en -toerisme, en ’n bedrewe kartograaf en fotograaf. Hy het ’n meestersgraad in Beskermde Gebied-bestuur aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf en was as konsultant by bewaringsprojekte in Suider-Afrika betrokke. Hy is die skrywer van 12 boeke oor Suid-Afrika, Kenia en die Verenigde State.</p>