Back to results
Cover image for book Die tale wat ons praat

Die tale wat ons praat

Taaldinge uit die gewilde radioprogram
By:Danny Fourie
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781776092338
eText ISBN:9781776092345
Edition:0
Copyright:2018
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Smutsies en hertzoggies verwys na die koekies wat gebak is om die voormalige eerste ministers J.B.M. Hertzog en Jan Smuts te vereer. Maar het jy geweet dat die Moesliemvroue van die Bo-Kaap ’n proteskoekie genaamd ’n tweegevreetjie geskep het toe Hertzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het? Gholfspelers streef almal daarna om ’n voëltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook ’n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van ’n skuifie en wanneer is dit skyfie? Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van België Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op ’n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard? Hoekom is Afrikaans die enigste taal waar hoofletters aanvanklik in die Bybel gebruik is by voorname wat na God verwys? En waarom het dié gebruik ná die eerste Bybelvertaling verval? Vir jare al, Sondae net ná elf, word dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Want Afrikaans is uniek en deurspek van interessanthede wat jy in geen ander taal kry nie, en haar sprekers is aktiewe taalskeppers en kreatiewe gebruikers. Hierdie boek kan gelees word as ’n gids ter aanvulling van die radioprogram – ideaal vir trotse Afrikaanssprekendes wat gesteld is op korrekte taalgebruik, maar wat nie geïntimideer wil voel deur die voorskriftelikheid van skoolhandboeke nie. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.