Back to results
Cover image for book Stroomop

Stroomop

Herinneringe van ‘n koerantman in die aprtheidsera
By:Harald Pakendorf
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781776091171
eText ISBN:9781776091188
Edition:1
Copyright:2018
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Wat gaan deur ’n koerantredakteur se kop as ’n woedende John Vorster hom vroegoggend bel oor kritiese beriggewing? Hoe hanteer hy dit wanneer ’n kabinetsminister een van sy verslaggewers met die vuiste wil bydam? Of as ’n groep regse belhamels ’n politieke nuushond teer en veer? Hoe kry ’n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer sonder dat die veiligheidspolisie se sensors ingryp? Harald Pakendorf beantwoord dié vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur ’n onstuimige tydperk van Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie “liberale” redakteur van Oggendblad (1972–1979) en Die Vaderland (1980–1986) met moeite voor hulle oë verdra. Jare nadat Pakendorf John Vorster en P.W. Botha se woedebuie moes trotseer, het hy deur deel te neem aan gesprekke met die ANC – tóé nog verban – gehelp om die weg te baan vir ’n demokratiese Suid-Afrika. Vandag sal lesers hul koppe in ongeloof skud oor die scenario’s wat tydens apartheid se hoogbloei in die voorkamers van politieke mag afgespeel het. Maar vir die politieke base van destyds was Harald Pakendorf sy tyd ver vooruit. Só ver dat hulle hom sonder meer uit sy redakteurstoel verwyder het. ’n Fassinerende, persoonlike terugblik wat sal boei

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.