Back to results
Cover image for book Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf

Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf

vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
By:Alicia van der Spuy
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9781776070046
eText ISBN:9781776070176
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Best Books Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Die laaste karretjiegraf, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: inleiding tot die drama; opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde; ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde; antwoorde op alle vrae word verskaf; die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts; literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts; verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker; ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets; alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Die laaste karretjiegraf, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.