Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal
| By: | Riens Vosloo |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9781776070039 |
| eText ISBN: | 9781776070169 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2016 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Huistaal Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur van jou gedigte? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Huistaal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van elke gedig word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word deurgaans na die poësiebloemlesing verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening van die gedigte vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • Inleiding tot poësie. • ’n Volledige bespreking van die gedig in konteks. • Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig. • Kontekstuele vrae. • Literêre opstel by sommige gedigte. • Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en vir eksamens voor te berei. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Huistaal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za [HYPERLINKED].