Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika
| By: | Chris Stuart |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781770076457 |
| eText ISBN: | 9781775843047 |
| Edition: | 2 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Suider-Afrika is die tuiste van ’n ryke verskeidenheid soogdiere: hulle wissel van die kleiner, meer ontwykende diere, soos skeerbekke, muskeljaatkatte, meerkatte en vlermuise, tot die indrukwekkende grotes – olifant,leeu, buffel, luiperd, kameelperd en renoster. Die streek is ook die tuiste van talle seesoogdiere – robbe, dolfyne en walvisse – wat sowel in die kus- as dieper waters leef. Hierdie nuwe uitgawe van Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika is uitvoerig hersien om jou te help om nie net die ikoniese groter soogdiere uit te ken nie, maar ook om te onderskei tussen die verstommende verskeidenheid spesies wat op die oog af eenders is. Kleursleutels maak dit maklik om familiegroeperings na te slaan, terwyl die uitgebreide inleiding help om spesies in konteks te plaas. Die teks bevat die kenmerkende eienskappe van elke land- en seesoogdier, insluitende tipiese gedrag, voorkeurhabitat, kos en voortplanting. Hierdie bygewerkte uitgawe, wat 350 spesiebeskrywings, 470 foto’s en meer as 275 verspreidingskaarte, sowel as geselekteerde mens-dier-groottevergelykings, spoortekeninge en skedelfoto’s bevat, vergroot ons begrip van die subkontinent se soogdiere. Sedert dit die eerste keer in 1988 verskyn het, het die Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika die gewildste gids tot die soogdeire van die streek geword.