Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika
| By: | Johan Marais |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781868729333 |
| eText ISBN: | 9781775842309 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2015 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Hierdie gedetailleerde en uitvoerige gids tot die 151 slange inheems in Suider-Afrika dek al die belangrike aspekte van slangbiologie en -gedrag. ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika, nou in sy tweede uitgawe, is bygewerk, hersien en uitgebrei om minstens 11 onlangs ontdekte en 30 heringedeelde spesies en subspesies in te sluit. Nuwe inligting, gegrond op internasionale wetenskaplike navorsing, is by die besprekings van gedrag, uitkenning, voortplanting en slanggif ingesluit. Kenmerke van hierdie uitgawe is: Spesiebeskrywings word nou van volkleurfoto's vergesel; eenvoudige ikone verskaf wesenlike inligting met ’n oopopslag; ’n Afsonderlike 'Kyk uit vir' -kassie help om spesies vinnig in die veld uit te ken en hoofstukke oor klassifikasie en uitkenning, die aanhou van slange, en die voorkoming en behandeling van slangbyt vul die spesiebeskrywings aan. Hierdie leesbare en gebruikersvriendelike gids sal van onskatbare waarde wees vir herpetoloë, slangversamelaars, voetslaners, tuiniers, kampeerders en huiseienaars, of enigeen wat hierdie fassinerende en misverstane reptiele kan teëkom of meer van hulle wil weet.