Back to results
Cover image for book Grusaam

Grusaam

Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het
By:De Wet Potgieter
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781770229112
eText ISBN:9781770229129
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

<p>In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in.<br> In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman André Stander ’n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en ’n moontlike mensehandelsaak raakgesien?<br> Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van dié interessante, grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerantopskrifte van gister.</p>

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.