Back to results
Cover image for book Jack Parow – Die ou met die snor by die bar

Jack Parow – Die ou met die snor by die bar

By:Jack Parow
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781770229020
eText ISBN:9781770229037
Edition:0
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture. Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou. Daar is sappige staaltjies oor wilde partytjies, warm bokkies, dodgy plekke, trance-paarties en avonture in jacuzzi’s, en hy lig ook die sluier oor sy ervarings met onder andere rofstoeiers, skoonheidskoninginne, polisiemanne, hipsters in nagklubs, ’n sanger wat hom wou bliksem, ooms wat hom van verhoë gegooi wil hê en ’n stewige tannie wat met ’n krieketkolf op hom afstorm. Parow beantwoord ook taai vrae wat al deur meisies en vroue aan hom gevra is, soos: Is dit waar wat hulle sê van ’n man met ’n lang pet? En: Hoe kry jy dit reg om jou snor so te hou dat girls dit onweerstaanbaar vind? Hy vertel die stories agter sy gewildste songs en draai nie doekies om oor wat hy van ’n klomp goed dink nie, soos die ‘ou’ Afrikaans en die ‘nuwe’ Afrikaans, die lewe in Suid-Afrika en wat dit regtig beteken om ’n rapper te wees.Die boek bevat ook die lirieke van baie van sy treffers en talle foto’s wat nog nooit voorheen gesien is nie.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.