Back to results
Cover image for book Stories van die kantlyn

Stories van die kantlyn

By:Theuns Stofberg
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781770228931
eText ISBN:9781770228955
Edition:1
Copyright:2016
Format:Page Fidelity

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

<p>’n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes …<br>Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat dié eer kon hê – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy ’n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek.<br>In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeëwenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morné du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fasinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika. Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met ’n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. <br>Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.</p>

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.