Back to results
Cover image for book Ver in die wêreld, sushi!

Ver in die wêreld, sushi!

By:Koos Kombuis
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781770228818
eText ISBN:9781770228825
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Koos Kombuis se veelsydigheid ken geen perke nie. In ’n loopbaan van meer as drie dekades het die gewilde en dikwels omstrede kopdoekdraer hom gevestig as skrywer en sanger wie se invloed ver strek. Terselfdertyd het hy hom onderskei as sosiale en politieke kommentator van formaat. Ver in die wêreld, sushi! is Kombuis se vyfde rubrieke bundel en bevat opiniestukke wat verskyn het in gedrukte en aanlyn-publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot, Distrikspos, LitNet en Netwerk24. Met sy kenmerkende satiriese blik spreek Kombuis hom uit oor ’n verskeidenheid onderwerpe: die stommiteite van politici, streke van kinders in openbare plekke, die misterie wat instellings soos die Poskantoor en munisipaliteite aan die gang hou, roeringe in die Afrikaanse musiekbedryf, sensitiwiteite tussen geslagte en gendergroeperinge, die pêrels van wysheid wat haarkapsters in ’n kliënt se skoot laat val … Maar die bundel re¬ ekteer veel meer as net ’n sardoniese humorsin wat help om gewigtige kwessies in perspektief te stel. Wanneer Koos Kombuis terugkyk oor sy roemryke loopbaan en sin probeer maak van verlies en dood, voer hy lesers mee na streke van die gees wat selde deurgrond word. Ver in die wêreld, sushi! is ’n heildronk op die insigte van ’n uitsonderlike stem in Afrikaans.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.