Die Griekwastad Moorde: Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het
| By: | Steenkamp, Jacques |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781770225626 |
| eText ISBN: | 9781770225640 |
| Edition: | 1 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is ’n sestienjarige maande later vir die moorde gearresteer. Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het …