Engele in die vreemde
Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog| By: | Chris Schoeman |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781770225022 |
| eText ISBN: | 9781770225046 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
<p>Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, en van pro-Boerlande in Europa. Maar wat ook al hul oorsprong, het hulle almal hierheen gekom om in onaangename en vreemde toestande te leef en te werk.<br>Engele in die vreemde vertel die verhale van twaalf van hierdie dapper vroue, afkomstig van Engeland, die Nederlande, België, Swede, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Sommige het as verpleegsters aan die front gewerk, terwyl ander Boerekinders in die konsentrasiekampe onderrig het. Hierdie boeiende en inspirerende boek is gebaseer op persoonlike dagboeke en briewe sowel as ander oorlogsbronne, en vertel van hul beproewings terwyl hulle te kampe gehad het met die gevare van oorlog, die uiterstes van die omgewing en die treurige oë van sterwende mans onder hul sorg. Hul verhale is dié van barmhartigheid en moed.</p>