’n Dans met die dood
Joernaal van ‘n anoreksielyer| By: | Aniel Botha |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781770200364 |
| eText ISBN: | 9781770221888 |
| Edition: | 0 |
| Copyright: | 2011 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Toe Aniel Botha sewentien jaar oud was, is haar jare lange, morbiede obsessie oor kos as anorexia nervosa gediagnoseer. Maar vir dié sensitiewe en begaafde skolier met ’n passie vir ballet was die woord ‘anorexia’, wat ‘aptytverlies’ beteken, eintlik ’n wanbenaming, want sy was gedurig honger - vir kos, vir rus, vir liefde en aanvaarding, maar veral vir die dood. Niemand, nie eens sy self nie, kon die redes vir haar selfvernietigende gedrag peil nie. Sy is uiteindelik op drie-en-twintigjarige ouderdom op aanbeveling van ’n sielkundige in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem. ’n Dans met die dood is Aniel se eie aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van dié hospitaal deurgebring het, en van die ander pasiënte wat sy daar ontmoet het. Die leser vergesel haar op haar pynlike reis terug van die afgrond, en kry onderweg diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer. Niks word verswyg nie - die leuens, die selfhaat, die komplekse en onstuimige liefde-haat-verhouding met kos, en die wanhopige hunkering na bevryding - of die dood.