Back to results
Cover image for book Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

Ongewone verhale uit ons verlede
By:Max du Preez
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781770220867
eText ISBN:9781770221154
Edition:0
Copyright:2010
Format:Page Fidelity

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie. Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis.
Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat ’n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf. Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur ’n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir ’n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het.
Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; ’n Duitser wat ’n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die “Boere-Tarzan” Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt.
Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem – sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel.
Max du Preez bewys wéér dat die geskiedenis interessanter – en meer pret – as fiksie kan wees.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.