Skep ’n Tuiste – 75 Dekor- en Leefstylprojekte
| By: | Germarie Bruwer |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781432305147 |
| eText ISBN: | 9781432306854 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2016 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Skep ’n Tuiste is ’n samestelling van 75 kreatiewe en inspirerende projekte vir in en rondom die huis. Die skrywers gebruik alledaagse items en gee dit ’n nuwe kinkel met herwinnig, hergebruik en herlewing. Die skrywers pak projekte aan wat geskik is vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Of dit nou ouma se ou tafel ’n nuwe voorkoms gee, oplossings vir ’n gebrek aan ruimte in ’n kind se speelkamer is, of boomstompe in eko-vriendelike koffietafels verander – hulle doen dit met styl en ’n tikkie eiesoortigheid. Hul uitgangspunt is dat jy nie ’n fortuin hoef te spandeer nie. Baie van hul projekte gebruik items in en om die huis of van rommelwinkels. Goedkoop dekoritems word deur die kreatiewe gebruik van verf, papier, materiaal en verbeelding omskep. As jy smag na ’n huis wat jou unieke persoonlikheid weerspieël, jou innerlike styl na vore wil bring, of jou huis volgens ’n knap begroting wil verfraai, Skep ’n Tuiste verskaf al die idees en inspirasie wat jy nodig het.