Ingrid Jonker
’n Biografie| By: | Petrovna Metelerkamp |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781415209363 |
| eText ISBN: | 9781415209769 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2018 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
<p>Die digter Ingrid Jonker was 31 toe sy in die vroeë oggendure van 19 Julie 1965 verdrink het, al beweer bronne sy was ’n jaar ouer. Vandag bespiegel mense steeds oor menige ander feit rondom die lewe van dié fassinerende figuur.<br>Meer as 50 jaar later verskyn hierdie eerste omvattende biografie van Jonker: die dogter van ’n stoere volksraadslid getroud met ’n vrou uit die Afrikaner-adel; die minnares van bekende skrywers en kunstenaars; die enkelouer sonder ’n vaste heenkome vir haar en haar kind; maar veral die digter wie se aansien ná haar dood steeds toeneem.<br>Hierdie toeganklike biografie vertel Jonker se lewensverhaal: Met haar ma wat in inrigtings opgeneem is, word Ingrid as dogtertjie deur haar ouma versorg. Sy tree kortstondig in die huwelik met die pa van haar meisiekind, terwyl haar digterstalent met die aanmoediging van ’n boheemse vriendekring ontwikkel. Haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere die skrywers Jack Cope en André P. Brink word breedvoerig beskryf; ook haar angswekkende laaste paar uur en die kontroversie daarna. Nuwe inligting uit briewe, dagboeke en opnames van gesprekke met vriende en familie kort ná haar dood dra by tot hierdie verhaal van vlees en bloed oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kultusfigure.</p>