Strooidak en toring
| By: | Izak de Villiers |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781415200148 |
| eText ISBN: | 9781415204290 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2011 |
| Format: | Page Fidelity |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
<p>Izak de Villiers noem homself ’n “anderster” Afrikaner. Hy is ook ’n anderster predikant, een wat op direksies van maatskappye gedien het en selfs lank redakteur was van ’n vrouetydskrif (Sarie) en ’n groot Sondagkoerant (Rapport). ’n “Ryklik geskakeerde lewe” noem Etienne van Heerden dit. Uit hierdie lewe vertel hy van ver plekke en vreemde gebeure, van uiteenlopende mense, mense uit alle stande wat hy raakgeloop het. Hy vertel van sy lewenslange worsteling as Afrikaner met die politiek van sy mense, ook in<br>sy verse. Dit terwyl hy homself “onbeskaamd konserwatief” noem. En dan weer op ’n dag ’n sterwende Katoliek se belydenis aanhoor. Hy spaar nie sy oordele oor ander se dade nie, veral nie van politici nie, maar hy staan ook erg krities teenoor homself en skryf, soos hy self sê, “sonder hoed of handskoen”. Die resultaat is ’n kyk op ’n belangrike tydperk<br>in die geskiedenis, ’n anderster kyk – ook na homself en ’n lewe van kritiese deernis met mense, van ’n politieke kritikus wat Tony Leon “’n ikonoklas op sy eie manier” noem, maar<br>iemand wat sy mense liefhet.</p>