Back to results
Cover image for book Die donker god

Die donker god

By:Fransi Phillips
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781415200087
eText ISBN:9781415203651
Edition:1
Copyright:2011
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die donker god se naam is Alex. Hy verdra geen ander voor sy aangesig nie. Pippa is sy swakheid. Oor haar, skaars negetien, buig hy hom. Sy greep op haar is een van liefde, wellus en geweld. Van die eerste keer af, toe hy haar uit ? donderstorm red, haar uittrek en afdroog, het Pippa teen hierdie onheilspellende man geen verweer nie. Haar vrees vir hom wek ook haar begeerte na hom op. Sy hardhandigheid en sy teerheid verwar haar en lok haar aan. Die pyn wat haar aandoen, word ? geheim tussen hulle, intiem en onsêbaar. Hy bring haar na sy vesting. Omring van boeke, Persiese tapyte, Afrika-maskers en musiek verlei hy haar keer op keer onder sy oorheersing in. Hy dring haar siel en haar verstand ewe veel as haar liggaam binne, Hy gee haar diamante, ? apie om mee te speel en later ook ? kind. Maar hy hou Pippa gevange, beide in sy huis en in sy vrees. Dus hulle musikaal begaafde dogtertjie wat haar vader se kinderangste op die spits dryf, en die huis tussen die bome word ? wêreld anderkant elke wet van God en mens, waar ontsnapping net deur ondenkbare optrede moontlik is. Hierdie vyfde roman deur Fransi Phillips sleur die leser op ? byna hipnotiese manier mee na ? sfeer gelaai van erotiek en spanning, van skoonheid en wreedheid, soos selfde tevore in die Afrikaanse romankuns.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.