Back to results
Cover image for book ’n Ander ek

’n Ander ek

By:EKM Dido
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781415200346
eText ISBN:9781415202913
Edition:1
Copyright:2011
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Maande, hele seisoene het by haar verbygegaan sonder dat sy daarvan bewus was, of van die feit dat sy lank tussen lewe en dood geswewe het. Tot daar op ? dag ? bruising teen die binnekant van haar skedel begin du, en stemme in ? hospitaalkamer tot haar deurdring. Maar toe begin die vrae ook: Wie is sy? Wat is haar naam? Waarom het niemand nog na haar kom soek nie? En die ontsierende merke aan haar gesig? Met ? Ander ek bou E K M Dido voort op haar bewese vermoë om karakters te skep wat jou intrek by hul pyn en vreugde. So ? karakter is Egidius Papier wat haarself met dié onwerklike naam benoem om net weer menswaardig te voel. Haar verblyf onder die bergies van Kaapstad, haar vasbeslotenheid om haar verlede en - moontlik - haar geliefdes terug te vind, gryp die leser aan. Soos ook die lot van Brainy, die bergie wat eens baie properties besit het, en nou met bekkigheid en siniese veragting sy bestaan op straat regverdig en Egidius straatgeleerd maak. Dis ? verhaal waarin uiterste alleenheid, bestaansangs en ? brute humor (bergies sukkel nie met mooi broodjies bak nie!), asook onverwagte medemenslikheid die hoofkarakter begelei tot by die beslissende oomblik wanneer sy voor haar verlede staan.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.