Back to results
Cover image for book Praat verby grense

Praat verby grense

uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum
By:Frits Gaum
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781415201244
eText ISBN:9781415202753
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die tragedie wat ds. Laurie Gaum tref, sou hom en
sy pa, dr. Frits Gaum, uitmekaar kon dryf, maar
die teenoorgestelde gebeur. Hulle ontdek onmeetlike
gemene grond om saam te verken – die pa ’n
swaargewig in sy kerk; die seun ’n predikant oor
wie daar op ’n dag sensasionele voorbladnuus is.
Dié nuus vererger wanneer Laurie se lewensmaat
homself enkele dae later om die lewe bring.
’n Lewens krisis word ’n krisis vir die kerk. Laurie
word uit sy amp ontslaan, maar hy appelleer
suksesvol. Intussen woed daar ’n debat oor
homoseksualiteit, ’n saak wat dreig om kerke
wêreldwyd te skeur.
In kalmer dae wissel pa en seun e-pos oor talle
kwessies wat hiermee verband hou. Hulle praat
ernstig en reguit maar ook met respek en liefdevol
oor die Bybel en seksualiteit, verdraagsaamheid en
vergiffenis, oor die dood en oor hoop, geregtigheid,
mens-wees, die samelewing, die kerk, rassisme,
bevrydingsteologie ... en altyd weer oor God.
Dit word ’n ontroerende en inspirerende ge sprek
tussen twee begaafde mense wat hulle eie en
me kaar se grense uitdaag en verskuif.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.