Back to results
Cover image for book Emma en Nella

Emma en Nella

By:EKM Dido
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781415201206
eText ISBN:9781415202487
Edition:1
Copyright:2011
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Emma kon nie mooi verduidelik waarom sy so hard geveg het om die verwaarloosde baba wat sy in ’n boks langs die N1 gevind het, aan te neem nie. Sy was enkel en nog nie oor die skok en vernedering van ’n huwelik wat voor die kansel misgeloop het nie. En toe dit blyk dat Nella aan fetale alkoholsindroom ly, was Emma net nog meer vasbeslote. Dit is hierdie ongewone besluit wat Gert, wat Emma laas voor die kansel gesien het, uit die bloute in haar lewe terugbring; wat hom ’n ewe onkonvensionele belofte laat maak: hy sal ’n pa vir Nella wees en Emma van ’n afstand help om haar groot te maak. Niks meer as dit nie. Twaalf jaar lank ken dié buitengewone gesinnetjie net klein kwellings en oorwinninkies. Emma is versoen met haar lot in die lewe; selfs gelukkig. Tot die oggend toe sy ontdek haar lieflingskind is met die dwelm tik deurmekaar ... Skielik verander alles en word die ondenkbare moontlik.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.