Back to results
Cover image for book Selma en Louise

Selma en Louise

By:Susan Coetzer
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798176569
eText ISBN:9780798176576
Edition:1
Copyright:2018
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. “Waarnatoe?” vra hy en kyk op. “Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.” Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie…

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.