Back to results
Cover image for book Tienerharte 4: Hartsnaar

Tienerharte 4: Hartsnaar

By:Cecilia Steyn
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798175753
eText ISBN:9780798175760
Edition:1
Copyright:2017
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta te wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om 'n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tyd om weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees . . . Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en 'n viool se snare. Sophia is die enigste meisie wat hy ken wat versot is op Star Wars en boonop vir Dracula bo Edward Cullen verkies. Haar groot groen oë is sy gunstelingplek op aarde. Maar hoe kan hy vir sy beste pel sê hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet 'n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.