Back to results
Cover image for book Maestro

Maestro

'n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini
By:Marié Heese
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798173919
eText ISBN:9780798173926
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1598. Hy was skaars tien toe beide sy pa en geledere uit die Vatikaan begin besef die jonge Bernini is geniaal – ’n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of . . . selfs beter? Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree. Deur sy sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Bowenal sien ons hoe koorsagtig hy dít wat by hom spook, verbeeld – alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk. Maestro is ’n uitsonderlike geskiedkundige roman oor die geniale beeldhouer van die sewentiende eeu, eeue lank bykans vergete. En tegelyk is die boek ’n viering van kunstenaarskap en menswees. ​ "Hierdie biografiese roman oor Bernini is soos die beeldhouwerk van ’n meester . . . daar is niks oorbodig nie; wat daar is, is sprekend en essensieel. Meer kan ’n mens nie van ’n boek vra nie.” – Deborah Steinmair

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.