Back to results
Cover image for book By fakkellig

By fakkellig

By:Karel Schoeman
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798173797
eText ISBN:9780798173131
Edition:3
Copyright:1966
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Dit is Ierland aan die einde van die agtiende eeu: ’n Ierland onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk. Hy raak bevriend met die skoolmeester Liam O Néill, die verarmde Séamas Bán, die priester O Floinn, met die meisies Nóra en Eilís . . . en hy bevind hom in ’n posisie waar ’n keuse aan hom opgedwing word, teen sy sin. “Een ding het hy egter besef, dat niks hierna meer dieselfde kan wees nie . . . Soos op ’n golf is hy voortgespoel deur die gang van sake, en die gety sou nie bly staan in sy stroming of hom terugkeer nie.” David weier om hom by enige groep te skaar – hy wil alleen homself bly en met sy vriende verkeer – maar dit is nie moontlik nie en onverbiddelik beweeg omstandighede hom om tog daadwerklik die Iere te probeer help. Die uiteinde is vir David tragies en ironies: “Geen mens wat begryp nie, en ná sy dood ook geen mens wat sal weet hoe dit was nie; indien daar ’n beeld van hom bly voortbestaan, sal dit iets wees wat geen verband hou met die werklikheid nie.” By fakkellig is ’n ontroerende roman waarin die Ierse landskap, die rustige leefwyse van die adel, die verbitterde bestaan van die boerevolk en die vertwyfeling van Arthur uitgebeeld word op ’n wyse wat herinner aan Yeats se woorde van byna twee eeue later: “A terrible beauty is born”.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.