Back to results
Cover image for book Katastrofes

Katastrofes

By:Breyten Breytenbach
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798173803
eText ISBN:9780798173117
Edition:1
Copyright:1964
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In Katastrofes, Breyten se eerste gepubliseerde prosawerk, is bekende elemente wat in sy digkuns ook figureer. Die gepynigde ek bevind hom in ’n absurde wêreld waarin alles aan die verrot is, op soek na identiteit, verwesenliking en troos. Soortgelyke tegnieke as in sy poësie word ook gebruik, soos aaneenskakeling van oënskynlik onverwante assosiasies, gebruik van fantasie, saamvoeg van teenoorgesteldes, alles weergegee met uitsonderlike beeldingsvermoë. Die prosa wyk af van normale perspektiewe en beeld nie noodwendig katastrofes aan soos wat dit normaalweg verstaan word nie. Dit is eerder flitse of fragmente waar sonderlinge gebeurtenisse as gewoon aangebied word of ’n fantasiewêreld as realiteit voorgehou word, met die mens as oorsaak van die katastrofes. Verder is daar mildelik gebruik gemaak van die paradoks, met ontsteltenis wat volg op die doodgewone en die gruwelike wat begroet word met geen verwondering nie. In die Afrikaanse prosa is hierdie stukke uniek, aangesien dit beweeg op ’n paralogiese vlak waar die betekenis redelike begrip ontwyk, maar die impak tog betekenisvol is.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.