Back to results
Cover image for book 21+

21+

By:Jan Rabie
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798173759
eText ISBN:9780798173070
Edition:1
Copyright:1956
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hierdie surrealistiese kortprosas met digterlike aanwending van die woord is beduidend anders as die tradisionele realistiese kortverhaal in Afrikaans. Temas soos die samelewing se skuld aan die ondergang van die individu (“Die man met die swaar been”); die verskrikking van die uitwissing van die Jode in die Tweede Wêreldoorlog (“Die nuwe piramides”) en die impak van eerste liefde (“Die dag van die roos”) word in min en eenvoudige woorde met maksimum effek uitgebeeld. Die rasseverhoudinge word aangedurf in ’n stuk soos “Droogte”, waar die wit man homself van die swart man isoleer, maar dan ook van die hele wêreld daarbuite. Hy bou homself toe in ’n huis sonder deure en vensters, sodat die swart man nie kan inkom nie, maar verseël daarmee ook sy eie lot. Ook “Plek vir een” toon aan hoe velkleur nie die eendersheid van die mens kan verander nie. Teenoor hierdie toespelings op die Suid-Afrikaanse aktualiteit werk hy in twee verhale met temas uit die kontemporêre Europese geskiedenis. “Lied oor Niemandsland” se tema is die geloof in waardes wat hoër gaan as die politiek. Die liefde van ’n jong soldaat vir ’n meisie wat in dieselfde dorpie as hy woon, word deur ideologiese grense gestuit.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.