Back to results
Cover image for book die na-dood

die na-dood

die singende hand se oggendboek-hierinneringe
By:Breyten Breytenbach
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798172462
eText ISBN:9780798172479
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige én aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook ná die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk. Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesêbare op te roep (“daar jou taak, leesskrywer, kyk:/ om die niet se oopgaanwond/ stekie vir stekie met woorde /toe te werk.”). Tegelykertyd bied dié laatwerk ’n troos teen die dood wat wag, vir die digter én leser. Onthou word “’n bevrugting van die verlede”, en skryf uiteindelik “diep bevredigend/ om die laaste duisternis in jou asem te mag mond in Afrikaans”. “Dit is ’n besonderse versameling verse wat ’n groot verskeidenheid bied, oënskynlik oor die alledaagse, maar byna ongemerk ook oor die groot onbeantwoorde vrae wat elke mens vir hulself stel, nader aan die einde van die lewe.” Helize van Vuuren

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.