Back to results
Cover image for book Takelwerk

Takelwerk

By:Daniel Hugo
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798169257
eText ISBN:9780798169264
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Met die titel, Takelwerk, beweeg Daniel Hugo nie net terug na die bekende beeldveld van die see en skeepvaart nie, maar verwys ook na D. J. Opperman se vers “Digter” waar die digter se arbeid uiteindelik lei na “klein stellasies vers // wat groei tot boeg en mas / en takelwerk”. Die bundel sluit verse in oor die digkuns en digterlike aktiwiteite. Die leser ervaar die wêreld van die digter deur sy oë en ore, sy sintuie, maar ook deur sy taal. Die spel-element is ook opvallend in baie verse, iets wat Hugo virtuoos met humor saamdig. Hiermee saam is ook die vernufsverse wat al sinoniem met Hugo se digterskap geword het. Talle verse staan uit vanweë die fyn ontginning van klank, woordspel & die ontplooiing van metafoor. Die verse spreek van ’n belewenis van die wêreld vasgevang tussen carpe diem en memento mori, verse oor landskappe en die heimwee van landskappe, oor natuurdinge en die mens (én die digter) se plek in die groter bestel. Dikwels word die landskappe ook bínneskappe, word hulle ingeskape.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.