Helene de Kock Omnibus 5
| By: | Helene de Kock |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780798143790 |
| eText ISBN: | 9780798168649 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2003 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Vier liefdesverhale om romantiese verlangens mee te voed. In Die soete dwaling vlug dr. Daïrus Deetlefs weg na Londen. Martine kan dit nie begryp nie, want sy het hom lief. Of het sy? In Londen ontmoet Daïrus die misterieuse Sylvia Saunders. Dan is daar ook sy ma wat sy lewe so graag vir hom wil reël . . . Seisoen van die skimmelson is ’n verhaal wat sy draaie gooi in die Vrystaatse Hoogland en in Beiere waarheen Madel Vermeer gaan om sang te studeer. Maar sy laat haar jeugliefde, die aantreklike dokter Wiam du Preez, agter. Tydelik, so glo sy. Sy ontmoet Jan-Karel Joubert van Oudewijn wat in Geisenheim studeer en ontdek dat ’n mens se keuses in die lewe jou oor ’n afgrond kan stoot. Anderkant die vloedwaters is ’n storie met onstuimige onderstrome. Dr. Bernard Linde laai een stormnag ’n vreemde vrou op – en sy verdwyn net so skielik weer uit sy lewe. Een ding wéét hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie. ’n Vrou vir Ver-en-Naby is die liefdesverhaal van Laura Krause, ’n volwasse vrou, een wat al smart moes deurmaak en op soek is na innerlike vrede. Sy vlug weg, en is tussen ’n lewe tóé en ’n lewe vórentoe. Maar dis moeiliker as wat sy dink, want hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie?