Back to results
Cover image for book Siobhan van die sirkus

Siobhan van die sirkus

By:Jaco Fouché
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798167543
eText ISBN:9780798167550
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

En ek is die een met die naam wat al hoe meer mense deesdae reg uitspreek, al vrees ek die skade is reeds gedoen deur die miljoene kere wat ek “Sioebên” genoem is. Dis “Shiwon”, my magtig, dis hoe ’n mens dit sê, met ’n w soos in witwarm-klap-as-jy-weer-my-naam-verkeerd-kry. Dis ’n coming of age-storie met Siobhán, ’n effens opstandige tiener in graad 11 as hoofkarakter. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”. By die sirkusskool ontmoet sy ’n uiteenlopende klomp karakters (elk wat sy eie spreekwoordelike masker dra) wat almal uiteindelik ’n invloed op haar sal hê in haar soeke na haarself – soos Klein-Piet, die sirkusinstrukteur en sy geheimsinnige Columbine, en die ernstige, volwasse Greer wat glad nie inpas by ’n sirkusskool nie, maar wat deurentyd ’n sterk invloed op Siobhán het.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.