Back to results
Cover image for book Verliesfontein

Verliesfontein

Stemme 1
By:Karel Schoeman
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798138406
eText ISBN:9780798167475
Edition:0
Copyright:1998
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Verliesfontein is die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900-1901, tydens die Anglo-Boereoorlog. Eerste aan die woord is ’n skrywer-verteller, ’n historikus in die hede op soek na ’n spesifieke dorpie in die Kaapkolonie wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur ’n Vrystaatse kommando ingeval is. Die aanvanklike fokus van sy navorsing is die Kaapse rebel Giel Fourie, maar deur die herinneringe van drie karakters uit die verlede verskuif die fokus geleidelik na die bruin man Adam Balie wat deur die Boeremagte doodgeskiet is. Die drie “stemme” is dié van Alice, ’n Skotse meisie wie se pa die magistraat was, Kallie, die magistraatsklerk, en Miss Godby, die dokter se suster.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.