Back to results
Cover image for book Gerugte van reën

Gerugte van reën

By:André P. Brink
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798110488
eText ISBN:9780798167369
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die apartheidsregering onder embargo geplaas. Vir baie bly dit steeds een van André P. Brink se grootste romans. In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, wat ’n naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word. Met ’n netwerk van kruisverwysings word die vier dae van die roman voorgestel in terme van ’n viervoudige verlies, naamlik sy beste vriend (’n leidende Afrikaanse advokaat pas veroordeel as terroris), sy pa wie se historiese sintuig vir Martin onbegryplik bly, sy seun wat ná die Angolese oorlog “moeilik” geword het, en sy minnares wat hom voor ’n onmoontlike keuse stel. In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit, word ’n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en ’n breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige vraag: “Wat is ’n Afrikaner?” Ten slotte bly Martin alleen oor, gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy onvermoë om lief te hê – hetsy vader of moeder of land, eggenote, broer of seun, vriende of ander vroue. In Suid-Afrika is die Engelse uitgawe van Gerugte van reën bekroon met die CNA-prys en in Brittanje is dit tweede geplaas deur die beoordelaars van die Bookerprys. Dit is in verskeie tale vertaal.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.