Lobola vir die lewe
| By: | André P. Brink |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780798100625 |
| eText ISBN: | 9780798167345 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 1962 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot “die vernuwing van Sestig”. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van dié belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens ’n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het – ’n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiële temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, méér van die leser verg. Dit is ’n aanduiding van die roman se trefkrag dat hy vandag nog steeds modern aandoen, die leser nog steeds beetpak op ’n manier wat min latere romans dit kan doen. Lobola vir die lewe vertel die verhaal van François Raubenheimer, ’n buitestanderfiguur wat as jong man uitvind dat hy ’n aangenome kind is. So begin ’n soeke na identiteit wat hom onder meer na Europa neem. Terug in Suid-Afrika maak hy in Kaapstad kennis met die oudsoldaat Hendrik Karel Serfontein en knoop ’n verhouding aan met Marie Groenewald, met noodlottige gevolge.