Back to results
Cover image for book Die afwesigheid van berge

Die afwesigheid van berge

By:Louis Esterhuizen
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798164948
eText ISBN:9780798164955
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van Die afwesigheid van berge vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op dié reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hiérdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, clichés en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van ’n nuwe tegnologiese era. ’n Persoonlike bundel, maar ook ’n aktuele een.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.