Back to results
Cover image for book Saartjie Omnibus 2

Saartjie Omnibus 2

By:Bettie Naude
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798163903
eText ISBN:9780798163910
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. Sy gaan maak die donkie in haar ouers se agterplaas vas, maar dan besluit Langoor om die omgewing te verken en daar kom groot moleste. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot ’n kragmeting met ’n verrassende einde. En in Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie . . . Soos haar ouer broer tereg sê: Waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets! Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.