Back to results
Cover image for book Is weer sagie

Is weer sagie

By:Jan van Tonder
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798163026
eText ISBN:9780798163002
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al ’n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: hy glo dat Ansie sal terugkeer sodra daar rook uit die skoorsteen trek ... Sagie se kinderlike geloof en onrealistiese verwagting kwel Barend al hoe meer. Hy weet sy hart is nie meer sterk nie en sy kommer oor die dag dat hy nie meer daar sal wees om sy seun teen die werklikheid te beskerm nie vreet aan hom. Is weer Sagie is ’n aangrypende, deerniswekkende leeservaring oor Sagie se groei na volwassewording. Die trefkrag van die verhaal lê in die fyn en onderbeklemtoonde uitbeelding van emosies in hierdie wêreld van eenvoud en onskuld. Soos die eerste roman oor Sagie is hierdie weer eens ’n diep-menslike verhaal wat tot baie lesers sal spreek.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.