Back to results
Cover image for book Karolina Ferreira

Karolina Ferreira

By:Lettie Viljoen (Ingrid Winterbach)
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798143509
eText ISBN:9780798160001
Edition:1
Copyright:1993
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy ’n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur ’n vrou in ’n karavaan. Aanvanklik bly sy in die dorp se hotel. Hier speel sy saans snoeker, dans oor die naweek met en ontmoet ’n verskeidenheid mense. Onder andere Pol, die enigmatiese prokureur, die geteisterde boer Tonnie de Melck, die driftige luitenant Kieliemann, en ander lede van die plaaslike polisie. Sy word gekonfronteer met geweldpleging in die swart woonbuurt. Die rassegeweld is egter nie die enigste geweld in die boek nie. Ondanks haar voornemens word Karolina – soos die minnaars wat sy die eerste keer op ’n bankie in die begraafplaas sien en oor wie sy wonder – ook meegevoer deur die liefde. Geweld en liefde, die openbare en die intens private, word in hierdie roman op ’n indrukwekkende wyse ineengevleg.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.