Back to results
Cover image for book Katryn

Katryn

Vrou van die Richtersveld
By:Jan Huisamen
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798156462
eText ISBN:9780798158930
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hierdie aangrypende roman oor ’n ongeletterde Nama-vrou van die Richtersveld speel af in die 1950’s. Katryn Jonis word van moord aangekla, maar sy kom agter die pro deo advokaat glo nie in haar onskuld nie en besluit dan om haar eie verdediging in die hof te behartig. Die vindingryke en berekende wyse waarop die reguit en passievolle Katryn die waarheid uit die staat se getuies in die hof trek, boei die leser deurgaans. Daar is baie vrae: Wie het dan die moord gepleeg, en hoekom? Hoekom het Abraham Klink en sy familie die Jonis-familie deur die jare so getreiter? Want waar Katryn en Salmon ook al geboer en gewoon het op die walle van die Grootrivier – by Kortdoorn, by Grootderm – daar het die Klinke hulle op ’n slinkse manier skade berokken. Totdat Katryn op ’n dag gedryf word tot optrede met ’n vreeslike nadraai. Omring deur vyandige getuies veg sy vir haar lewe in ’n hof in Kaapstad.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.