Back to results
Cover image for book Die eerste siklus

Die eerste siklus

By:Etienne leroux
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798156271
eText ISBN:9780798158848
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus. Die eerste lewe van Colet (1955) is ’n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. Hilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, ná sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met ’n advertensieveldtog vir plastiek-blindings. Die mugu (1959) is ’n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad.Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus “in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is”. Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallelle wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.