Back to results
Cover image for book Stoffel op safari

Stoffel op safari

By:Christiaan Bakkes
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798156233
eText ISBN:9780798158824
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Vertelkuns soos dié van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans. Sy nuutste bundel – reeds die sesde in die Stoffel-reeks – omvat weer eens ’n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland.  Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliënte. Daar is soldateverhale en ’n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens.Sedert die vorige Stoffel-bundel het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes spreek dit aan in drie verhale – insigryk, oorwoë én met humor.  ’n Verhaal soos “Grense” toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk van verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.