Back to results
Cover image for book Houd-den-bek

Houd-den-bek

By:André P Brink
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798145213
eText ISBN:9780798158657
Edition:1
Copyright:2005
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

’n Belangrike roman oor die slawetydperk.In 1825 vind die enigste slaweopstand in die ou Kaapse geskiedenis plaas, die sg “Bokkeveldse Opstand”, ontketen deur ’n droom van vryheid wat nie bewaarheid word nie. As kinders het Nicolaas en Galant saam gespeel; nou is hulle baas en slaaf. Tussen hulle staan die vurige, wederstrewige Hester.Die roman is ’n “koor van stemme”, maar die hooffiguur is die slaaf Galant wat die menigte stemme bind. Ma-Roos sê: “So praat ons, so praat ons, ’n ry stemme in ’n ketting, almal saam en almal apart, almal anders en almal dieselfde, en die skakels mag lieg maar die ketting is waar. En die naam van die ketting is Houd-den-Bek."In die stemme van die dertig verskillende vertellers, deur vier dele, waarin die elemente van aarde, wind, water en vuur opgeroep word, groei ’n persoonlike opstand uit tot ’n universeel menslike stryd teen onreg – op so ’n aangrypende wyse dat Artur Lundkvist van die Sweedse Akademie dit by die boek se verskyning bestempel het as “miskien die grootste voorstelling van slawerny wat ooit geskryf is”.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.