Back to results
Cover image for book 'n Droë wit seisoen

'n Droë wit seisoen

By:André P Brink
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798145206
eText ISBN:9780798158633
Edition:1
Copyright:2005
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

’n Politieke roman oor die dood van ’n swart man in aanhouding in die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film, het ’n Droë wit seisoen’n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur geword.In die middel staan Ben du Toit, “’n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens”. Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en dié se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie ’n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit ’n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde.Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. – inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het – aan ’n ou universiteitsvriend, ’n skrywer wat dit alles kan dokumenteer … Sodat niemand hierna ooit durf sê: “Ek het nie geweet nie.”

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.