Back to results
Cover image for book 'n Oomblik in die wind

'n Oomblik in die wind

By:André P Brink
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798145190
eText ISBN:9780798158619
Edition:1
Copyright:2005
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

So ’n lang ontdekkingsreis wat vir jou en my nog voorlê . . .Wanneer die jong Elisabeth Larsson hierdie woorde in haar man se Joernaal skryf, staan sy aan die begin van ’n persoonlike ontdekkingsreis wat haar sal voer tot die hoogtes van ’n intense, passievolle verhouding met ’n slaaf, en later sal laat tuimel in die dieptes van verraad . . .’n Oomblik in die wind is die aangrypende verhaal van liefde oor die kleurgrense heen in die agttiende eeu. Elisabeth vergesel haar Sweedse eggenoot, Erik Alexis Larsson, en ’n gids, ene Van Zyl, op ’n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar dan begin Van Zyl se drinkery, sy bakleiery en muitery. Op ’n dag stap Erik Alexis die wildernis in, om nooit weer terug te keer nie.Adam Mantoor, ’n droster-slaaf, ontferm hom oor Elisabeth. Hy word haar beskermer in lewensgevaarlike omstandighede, en sy beloof om hom sy vryheid te help verkry.’n Onvergeetlike verhaal deur ’n meesterverteller

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.