Back to results
Cover image for book Bidsprinkaan

Bidsprinkaan

By:André P. Brink
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798146517
eText ISBN:9780798158596
Edition:1
Copyright:2005
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Ongetwyfeld ’n hoogtepunt in Brink se oeuvre. Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman. Dit is gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 – c. 1825) se lewe. Maar die raaisel van ’n mens se lewe word ten beste met die verbeelding benader. Kupido is nie gebore nie, ’n arend het hom gebring. In daardie tyd het ook ’n bidsprinkaan verskyn: ’n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgelê. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het, raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die boereplaas waar hy grootword. Hy is ook dié drinker, leuenaar, minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is. (Bidsprinkaan plaas ook Van der Kemp, Read en Moffat in ’n nuwe perspektief.) As Christen word Kupido dié bestryder van Heitsi-Eibib se klipstapels en alles waarvoor dit staan. Diepgaande filosofie – en Brink se kenmerkende humor.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.