Back to results
Cover image for book Uit die binneland

Uit die binneland

By:Dana Snyman
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798144858
eText ISBN:9780798157407
Edition:1
Copyright:2005
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ’n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het ’n bakkie se “gêrs soos ’n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur ’n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom. Snyman se unieke aanslag maak van hierdie vyftigtal kort stukke eerder kort- kortverhale of sketse as die tipiese rubriek – dit het vroeër in Beeld, Wegbreek en Huisgenoot verskyn. Sy gewildheid en geliefdheid by lesers spreek onder andere uit ’n leserbrief wat in Beeld verskyn het (26/09/2004): “Die wyse waarop Dana Snyman … basiese en alledaagse gebeurtenisse … weerspieël, is uniek. Hy praat oor goed wat ons almal op een of ander manier ervaar het, maar nie oor praat nie. Hy wys daarop dat ons almal dieselfde emosies ervaar, ongeag wie en waar ons is. Wat van 'n bundel met al sy artikels?” Lesersbriewe getuig gereeld van sy gewildheid.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.