Back to results
Cover image for book Die afreis van Abel Lotz

Die afreis van Abel Lotz

By:Chris Karsten
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798156400
eText ISBN:9780798156417
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Boek III in die Abel-trilogie maak ’n draai in Johannesburg, Brugge en Pakistan.In ’n motelkamer in Bez Valley dui bloed en hare in ’n bad op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide vel in formalien gevind word, weet Ella egter sy is weer op die spoor van die reeksmoordenaar Abel Lotz.Abel bevind hom in Brugge, by sy kubervriend Ignaz Bouts. Kort voor lank sit hy sy soektog voort na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, nou met Ignaz se hulp.Intussen word ’n Suid-Afrikaanse paspoort gevind aan die liggaam van ’n meesterbrein van Al-Kaïda. Kort daarna word ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel grusaam afgesny. Silas Sauls se moord-en-roofspan het hul hande vol. Iemand wou die man duidelik stilmaak, maar wie en waarom?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.