Back to results
Cover image for book Trompie die stouterd (#2)

Trompie die stouterd (#2)

By:Topsy Smith
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798147224
eText ISBN:9780798154727
Edition:1
Copyright:2006
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Trompie trek die nuwe seun in sy klas wat al die onderwysers se witbroodjie is ’n lelike streep. ’n Paar dae later bank hy en sy bende skool om in die kloof te gaan swem, maar ’n onderwyser vang hulle en die skoolhoof gee vir elkeen ’n pak slae. ’n Afgetrede bokser wat in die distrik kom boer, begin ’n klub op die dorp en soek plaaslike talent om te leer boks. Trompie kan sy geluk nie glo nie – hy het nog altyd daarvan gedroom om ’n beroemde bokser te word. Hy kry sy pa sover om vir hom boksskoene te koop, maar wanneer hy in ’n toernooi veg, vind hy uit dat hy nie noodwendig wêreldsklas materiaal is nie. Die sirkus kom na Kwaggaberg toe en ons held ontmasker hul kragman as ’n bedrieër. Hy kry die ingewing om geld te maak met sy eie sirkus wat hy in sy ouers se sitkamer hou terwyl hulle weg is. Onnodig om te sê, lei dit tot meer as een katastrofe. Die stof het skaars gaan lê wanneer Trompie lees van ’n dorpie in Brittanje waar ’n klipgooiende spook amok maak. Hy besluit net daar dis tyd om sy tuisdorp te laat regop sit.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.